Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Bloei van Tyd" deur MARLISE JOUBERT
"Die Bloei van Tyd" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #22489] Sa, 17 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die Bloei van Tyd
Marlise Joubert

In hierdie karooveld is elke skugter boom
met die ure van my dae omsoom
Ek proe die wit bloei van 'n draaiende son
en hoe dit skroei teen wange van 'n berg
In hierdie veld is elke klip
'n oopgevoude blom wat deur my hande glip
Ek eet uit die geel bord van 'n maan
stap later onder nagkoeltes van 'n laan
More vertrek my voete op weg
na 'n ander uur 'n ander veld
terwyl die tyd hier diep
en dieper wortelskiet
ondergronds bly mompel
tydloos roer
en lag
soos water
Vorige onderwerp: "Weskus-Verse" deur PAULA MAUD
Volgende onderwerp: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 07:04:11 MGT 2024